top of page
All My Stories
Lees
Blog Artikels


Leierskapslesse geleer uit ‘n pandemie
Ons ken die speletjie van toutrek. Daar is duidelike wenners en verloorders. Toutrek is nie die manier om sake tydens ‘n globale pandemie te hanteer nie. Tog lyk dit asof ons land en die wêreld in ‘n globale toutrekkompetisie is. Kerkleiers word in verskillende rigtings getrek as gevolg van verskillende sienings oor waar ons tans in die pandemie is en hoe om daarop te reageer.
Coen Slabber
Apr 21, 2021


Wanneer sal eredienste kan hervat?
Ed Stetzer het onlangs met dr. Francis Collins, die direkteur van die National Institutes of Health, ‘n onderhoud oor hierdie onderwerp gevoer.
Coen Slabber
Apr 7, 2021


Here, wanneer dan?
Almal vra wanneer die pandemie dan nou tot ‘n einde gaan kom. Wanneer kan alles weer aangaan? Wanneer kan ons weer mens wees? Waarom gee die Here nie vir ons die antwoord nie? So wou mense al by my weet. Dis alles verstaanbare vrae en ons moet natuurlik bid, daaraan werk en hoop dat dinge ekonomies en medies spoedig gaan verbeter. In die Nuwe Testament sien ons egter dat die dissipels vir Jesus ‘n soortgelyke vraag gevra het (Handelinge 1:6-8a):
Roedolf Botha
Sep 1, 2020


Mense twyfel aan jou leierskap
Die elf dissipels het na Galilea toe gegaan na die berg waarheen Jesus hulle beveel het om te gaan. Toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid, hoewel party getwyfel het (Matteus 28: 16 – 17). Daar is verskillende redes waarom mense jou leierskap betwyfel. Hierdie elf mense was drie jaar saam met Jesus. Hulle het gesien hoe Hy duisende mense voed met enkele broodjies en ‘n paar vissies. Hulle was daar toe Hy aan blinde mense hulle sig teruggegee het, toe Hy mense met melaatshei
Coen Slabber
Aug 19, 2020


Leierskap in ‘n (post-) Korona wêreld
Dis al ‘n cliché. Almal sê dit. Niks gaan ooit weer dieselfde wees nie. Alles gaan anders wees. Dit weet ons nou al. Maar wat my frustreer is dat niemand praat oor presies wát anders gaan wees nie. Dalk is dit omdat ons self nog nie presies weet nie. Daar is egter beslis een saak wat meeste kenners oor eens is, wat anders gaan wees as vantevore, en dit is leierskap. Besigheidsleiers praat al lankal – reeds voor die huidige pandemie – van transformasie-leierskap, dit wil sê, l
Roedolf Botha en Ivor Swartz
Jun 10, 2020


Die Here is my Herder – ook met Covid
Dis in tye van swaarkry wat die diepte van my geestelike wortels blootgelê word. Is die Bybelse waarhede waaraan ek vashou ‘n werklikheid vir my en is my lewe werklik daarin geanker? Of hou ek net daaraan vas as my omstandighede rooskleurig is? So was dit ook toe ek vroeg in April wakker word met ‘n geweldige hoë koors nadat ek vir ‘n paar dae grieperig gevoel het. Ek het besef dat ek Covid 19 het.
Elmarie van der Westhuizen
Jun 2, 2020


Besembos geleentheid in lockdown
Die wêreld het versnel. Jare se tegnologiese ontwrigting, politieke onstuimigheid, en werkplekke wat nie ‘n “offline” knoppie geken het nie, het ons uit asem gelos. Die stof lê dik op leiers se emosionele gesondheid- en veral dié in die kerk. Omtrent elke predikant is geïnteresseerd in afskaal, in Minimalisme, in eenvoud, of om soos Elia die fluistering in die windstilte te hoor of beleef. Maar die inperking het ‘n sterk ontnugtering vir baie leiers gebring: “we have made bus
Roedolf Botha en Ivor Swartz
May 13, 2020


Benodig: ‘n ballingskapsteologie
Ballingskap is om te wees waar jy nie wil wees nie, so praat teoloog Eugene Peterson. Indien hierdie definisie waar is dan is ons almal tans in ballingskap. Ons almal se ganse wêrelde het geskuif. Wanneer dit gebeur dan moet enige persoon hoop dat hy/sy die innerlike kapasiteit het om hierdie veranderinge die hoof te kan bied en gesond aan die ander kant uit te kom. Die belangrikste is egter nie wat ons uiterlik doen om alles te probeer regmaak nie, maar veel eerder hoe ons a
Roedolf Botha
May 12, 2020


Christene en die Korona-virus
Hierdie nuusbrief verskil van die gewone nuusbriewe. Prof N. T. Wright het ‘n brief in Time Magazine geskryf oor Christene en die Korona-virus. Omdat dit heelwat opslae gemaak het, het ek besluit om ‘n samevatting daarvan te maak. Weens sy klem op klaaglied/lament het ek oor ‘n artikel oor klaagliedere/lament aangeheg.
Coen Slabber
Apr 29, 2020


Is óns betroubaar?
So baie gelowiges en gemeentes doen soveel betekenisvolle goed in hierdie weird Corona-tyd waarin ons onsself bevind. So baie mense se hande, harte en beursies is oop, somtyds ten koste van hulleself. So baie gemeentes doen van hulle beste werk in hierdie tyd. So baie is betrokke by goeie en sinvolle noodverligtingsprojekte. Wat ‘n inspirasie is dit nie!
Roedolf Botha
Apr 28, 2020


Wat Batman ons kan leer oor vrees
As daar een emosie is wat mense in hierdie Corona-Lockdown-tyd moet leer verwerk is dit ons vrese. Diegene van ons wat nie tans verlammende vrees beleef nie, is tog diep besorg oor sekere verwikkelinge in hierdie tyd. Maar selfs onder die grootste optimiste onder ons, fluktueer ons gevoelens maar baie tussen gesonde besorgdheid en toksiese vrees. Ons vrees die toekoms en veral die ekonomiese impak wat Covid 19 op die horison vir ons laat wag.
Roedolf Botha
Apr 14, 2020


Só kan ons connect
Mense maak grappies oor hoe man en vrou mekaar teen die mure gaan uitdryf in hierdie tyd. Videos word rondgestuur oor verveelde gesinne wat nie weet wat om met hulleself aan te vang nie. Hierdie humor is natuurlik nodig en ons almal het nodig om te kan lag vir onsself.
Roedolf Botha
Mar 31, 2020
bottom of page