top of page
Gratis
Digitale Learning Community
19 November 2024

Ons bied met trots ons volgende digitale Learning Community aan op 19 November 2024.

 

Hierdie geleentheid word as ‘n vooraf-opgeneemde video aangebied. Jy kan die video kyk op ‘n tyd wat jou pas tussen 19 November om 09:00 en 26 November om 09:00, waarna dit verwyder sal word. 

Ons tema vir die dag is: "Die kerk is (nie) dood (nie)"

Hoewel sommige stemme in die media laat hoor dat die kerk besig is om te sterf, wil ons tydens hierdie Learning Community die teenoorgestelde aanmoedig: Die kerk is nie dood nie! Trouens, ons glo dit floreer.

Ons sprekers sluit in:

  • David Kinnaman, uitvoerende hoof van die Barna Group en skrywer van topverkoperboeke soos Faith For Exiles, Good Faith, You Lost Me en unChristian. Hy deel sy insigte oor florerende leierskap tydens 'n onderhoud met Johan Beukes. David is ‘n toonaangewende navorser wat kerke, nie-winsgewende maatskappy en maatskappye wêreldwyd help verstaan hoe om relevant te bly te midde van verandering.

  • Stephan Joubert sal gesels oor hoe Paulus se bediening ons inspireer om ‘n lewende gemeente te wees—'n gemeente wat wegbeweeg van selfgerigtheid na God-gerigtheid.

  • Roedolf Botha sal die vraag ondersoek: Waarom floreer sommige gemeentes terwyl ander uitsterf? Hy bied waardevolle insigte oor wat 'n gemeente nodig het om in die hedendaagse uitdagings, veral in die Suid-Afrikaanse konteks, te gedy.

  • Pierre Engelbrecht gaan fokus op ‘n diepgaande bespreking oor die Kolossense brief. Hy sal fokus op hoe Paulus die gemeente in Kolosse gehelp het om vas te staan te midde van valse leringe en kulturele druk, en hoe daardie beginsels steeds relevant is vir gemeentes vandag.

Logistieke Inligting:

Die video van die Learning Community sal beskikbaar wees vanaf 19 November om 09:00 en bly aktief tot 26 November om 09:00. Jy kan enige tyd binne hierdie tydperk toegang hê tot die video.

In samewerking met Excelsus sal hierdie leergeleentheid 5 VBO-punte toeken. Indien jy vir VBO-punte kwalifiseer, stuur ons na afloop van die geleentheid jou besonderhede aan Excelsus, wat die punte aan jou aanlyn profiel sal toeken.

Ons sien uit daarna om saam met jou deel te wees van hierdie leersame ervaring en om jou te inspireer oor die lewenskrag van die kerk.

bottom of page