top of page
Alet Gardner

Al die kamers van my huis – ‘n Geesbeheerde lewe

Die persoon wat die meeste skade aan verhoudings en veral aan verhoudings binne die groter Christelike familie aanrig, is die Christen wat nie onder beheer van die Heilige Gees lewe nie.”

 

Op die oog af klink dit vergesog, maar as ek gesels met iemand wat teleurgestel is in die Kerk, niks meer met die Christelike godsdiens te doen wil hê nie, is dit gewoonlik omdat die “groot Christene” se lewe nie getuig van die waardes wat hulle probeer “verkoop” nie. Of omdat hulle nie self die voorskrifte, wat hulle vir ander voorhou, volg nie.

 

Maar hoe gaan ek my lewe, my hele lewe, onder beheer van die Heilige Gees plaas?

 

My lewe (dit sluit my geestelike lewe in) is soos ‘n huis met verskillende vertrekke. Brink Gardner verduidelik dit so prakties met hierdie voorbeelde:


  • Die sitkamer van my sosiale gewoontes: Is Jesus enige tyd welkom om by ons geselskap aan te sluit? Om saam te drink? Of saam te lag wanneer daar grappies vertel word?

  • Die kombuis / eetkamer van my aptyt: Wanneer ek ongedissiplineerd ooreet, oorgewig raak, kan ek nie maklik vir ander vertel dat my liggaam ‘n tempel van die Heilige Gees is nie.

  • Die slaapkamer van my seksualiteit: Rus die Here se goedkeuring op my seksuele verhouding? Rus Sy seën op my gesindheid teenoor my huweliksmaat, wat hierdie faset van ons verhouding betref? Laat ek toe dat pornografie hierdie faset van my lewe vertroebel en selfs vernietig?

  • Die skatkamer van my besittings: Beskou ek dit as my rykdom, waarvan ek van tyd tot tyd iets vir die Here se werk gee? Of bestuur ek die geld / besittings, wat die Here aan my toevertrou het, verantwoordelik? Dra ek met blymoedigheid by vir my gemeente se werk, vir sending, vir behoeftiges?

  • Die wapenkluis van my humeur: Is hierdie ‘n stoorplek van gevaarlike plofstof, wat ek op ander rig, wanneer ek te na gekom word of sommer net met die verkeerde voet uit die bed geklim het?

  • My studeerkamer: My gedagtes. Wat beïnvloed my lewens- en wêreldbeskouing die meeste? Die wêreld (media: nuus, sosiale media, flieks, geselskap) of tyd met die Woord van God en saam met medevolgelinge van Jesus?  

 

Wanneer ek elke dag binnegaan met die gebed: “Here, kom neem beheer van elke faset van my lewe, elke ”kamer” van my lewe,” sal dit sigbaar wees in die alledaagse omgang met ander. Só dra ek vrug (die vrug van die Heilige Gees, Galasiërs 5:22-23). Só raak ‘n lewe met Christus ook vir ander aantreklik.

 

 “But first and most importantly seek (aim at, strive after) His kingdom and His righteousness [His way of doing and being right – the attitude and character of God], and all these things will be given to you also.” - Matthew 6:33 AMP

Tags:

Commentaires


Les commentaires ont été désactivés.
bottom of page