top of page
Stephan Joubert

Gaan maak reg … of nie?

Jesus sê ’n paar keer dat God ons vergeef, soos wat ons self ander mense vergeef. Moeilike woorde hierdie! Ons almal het iewers ’n afgebrande brug of twee in ons lewe. Gewese vriende en moeilike familielede het dit vir party van ons onmoontlik gemaak om gesonde verhoudings met hulle te handhaaf. Hoe dan gemaak? Bedoel die Bybel ons moet maak asof sulke onregte nooit gebeur het nie? Nee! Vergifnis, die Here se soort, is ononderhandelbaar. Maar vergifnis beteken nie alles word dan onder die mat ingevee en almal gaan rustig Voort, asof niks gebeur het nie. Vergifnis is nie ’n “free for all” nie.


Van ons kant af moet ons altyd seker maak dat ons eie motiewe suiwer is, wanneer vergifnis ter sprake is. Van ons kant af grawe ons nie gedurig ou koeie op uit die sloot nie. In die woorde van Romeine 12:18 doen ons ons uiterste bes om in vrede met almal te leef. Maar dit beteken nie vergifnis gee ’n carte blanche aan diegene, wat verkeerd gedoen het, om hiermee aan te hou nie. Of om ons verder gevange te hou met skuldgevoelens teenoor hulle, indien hulle goor gedrag nie aangespreek word nie. Vergifnis spreek die probleem aan en dit maak daardie boeke van bitterheid toe in ons harte. Vergifnis aan ons kant van die draad beteken ons sit daardie las voor die Here neer, al doen die res dit nie.

Comments


Commenting has been turned off.
bottom of page