Die wyse manne, van wie ons in Matteus 2 lees, se ster lei hulle tot in Jerusalem, maar dit is steeds nie genoeg om die beloofde Koning op te spoor nie. Hiervoor het hulle die Bybel nodig. Tydens hulle besoek aan koning Herodes is dit dan die Skrifgeleerdes, wat vir hulle die regte ruitverwysings na Betlehem toe gee. Toe skitter daardie ster weer bokant hulle in die hemelruim op die kort roete tussen Jerusalem en Betlehem. Die ster neem hulle Jerusalem toe. Dan wag dit vir die Woord om hulle op die pad tot by die adres van die Jesuskind te begelei.
Wat ’n interessante padwyser, hierdie reisende ster uit die Ooste! Dit vertel dat God graag met mense op maniere praat, wat hulleself verstaan. ’n Veraf land se vreemde sterrekyk-gebruike skrik Hom nie af nie. Juis daar gaan haal God ’n paar wyses en lei hulle op verstaanbare maniere na Sy Woord en uiteindelik na Jesus toe. Hulle soeke na God word nie finaal in die hemelruim beantwoord nie. Nogtans neem God een van Sy miljoene hemelliggame as vertrekpunt en as reisgids na Sy Kind toe. Vreemd en mooi - so werk God op skitterende maniere. Vandag nog praat Hy met ons op maniere, wat ons kan verstaan. Jy weet Hy doen dit ook in jou eie lewe, wanneer dit jou al die pad na Jesus toe bring.
Comments