top of page
Stephan Joubert

Hardloop weg, maar hardloop reg

Jy onthou sekerlik nog die bekende fliek, Forrest Gump. Hy was mos die ou, wat ook regoor die VSA gehardloop het. Gedurig het hy vir homself gesê: “Run, Forrest, run!” Dit is presies ook wat Paulus vir Timoteus en vir ons in 1 Timoteus 6:11 sê. Ons moet hardloop. Ons moet weghardloop. Waarvoor? Nee, die vraag is eerder van wat af?  Van verkeerde dinge af, dis wat! Ons moet van daardie dinge af wegvlug, wat teen God se wil is. Ons moet sorg dat onsself en dinge, wat ons lewens kan verwoes, nooit op dieselfde tydstip op dieselfde plek is nie. Hoor weer: sondige dinge en onsself moet nooit op dieselfde tydstip op dieselfde plek in mekaar se teenwoordigheid wees nie.


Nogtans is dit nie genoeg om net weg te hardloop van verkeerde dinge nie. Ons moet ook reg vlug. Ons moet reg vlug wanneer ons wegvlug. Ons moet na Iemand toe hardloop. Ons moet na Christus toe hardloop. Dan hardloop ons reg, dan is ons veilig. Dan is verkeerde dinge altyd een tree te stadig vir ons. Dan verloor boosheid elke slag die resies in ons omgewing. Ons vlug altyd in Christus se sterk en veilige arms in, wanneer verkeerde dinge ons bedreig.

Comments


Commenting has been turned off.
bottom of page