top of page
Stephan Joubert

Karakter troef talente

  • Talente loop hand aan hand met ons oorgeërfde vaardighede en aanlegte. Karakter neem egter vorm aan deur ons lewenslange toewyding aan God vorm aan. Karakter verander ons lewe van binne af, terwyl talente dikwels net ons uiterlike lewe verander.

  • Talente is veral effektief gedurende die eerste helfte van ons lewe. Dit help ons om op verskillende gebiede te presteer. Maar talente het gewoonlik ’n vervaldatum. Iewers bring dinge soos ouderdom, siekte, of beserings ’n einde daaraan. Aan die anderkant dra ons karakter ons regdeur die lewe. Dit verval nooit nie. Inteendeel, ons karakter maak deel uit van ons innerlike lewe, waar die Gees werksaam is om ons al hoe meer na die beeld van God te vorm.

  • Talente laat val die soeklig gewoonlik op al ons uiterlike suksesse. Dit dwing ons soms om ons eie waarde hieraan te meet. Karakter gaan weer oor ons innerlike lewe. Die regte karaktergroei in God se teenwoordigheid bring groter wysheid en tevredenheid in ons lewe. Dit laat ons vrede maak met wie onsself voor God is. Ook bevry dit ons van jaloesie teenoor ander, wat meer talentvol as onsself is. Dit laat ons ontdek dat waarde geleë in God se onvoorwaardelike liefde vir ons geleë is. Daarom kan ons ’n lewe van integriteit voor Hom en ander leef.


Twee vrae ten slotte:

  1. Laat ons toe dat ons talente deur ons karakter geslyp word?

  2. Ken ander mense ons aan ons talente of eerder aan ons karakter?

Comments


Commenting has been turned off.
bottom of page