
Drome beweeg ons na vore
Wat is jou droom? Kan jy dit in jou leeftyd bereik? Jy hoop jy sal dit bereik, maar sal jy dit werklik doen? John Maxwell het ‘n boek oor drome geskryf.
Die regte en verkeerde beeld van ‘n droom
Daar is baie mense wat groot drome het. Daar is egter baie wanbegrippe oor drome. Kom ons kyk na ‘n paar:
Dagdrome – afleidings van jou huidige werk.
Swak drome – bekommernisse wat tot vrees en verlamming lei.
Idealistiese drome – hoe die wêreld sou wees as jy in beheer was.
Onwerklike drome - wilde idees sonder enige strategie of basis in die werklikheid.
Romantiese drome – geloof dat ‘n persoon jou gelukkig sal maak.
Beroepsdrome – geloof dat sukses in jou beroep jou gelukkig sal maak.
Bestemmingsdrome – geloof dat ‘n posisie, titel of toekennings jou gelukkig sal maak.
Materiële drome – geloof dat rykdom jou gelukkig sal maak.
Wat is ‘n geldige droom?
Maxwell se definisie: dit is ‘n inspirerende beeld van die toekoms, wat energie gee aan jou denke, wat emosies bemagtig en wat jou bemagtig om alles in jou vermoë te doen om dit te bereik.
‘n Droom wat die moeite werd is om na te jaag, is ‘n beeld en bloudruk van ‘n persoon se doel en potensiaal.
Wat het jy in gedagte?
Drome is waardevol. Dit laat ons vorentoe gaan. Dit gee aan ons energie. Dit maak ons entoesiasties. Elkeen behoort ‘n droom te hê. Wat nou as jy nie seker is of jy ‘n droom het nie? Baie mense is ontmoedig om te droom, ander het drome, maar verloor hoop en skuif hulle drome opsy. Jy kan jou drome weer vasvang. Hulle kan groot drome wees. Dit is nie noodsaaklik dat alle drome groot moet wees nie.
Toets jou droom
Jy mag dink dat jy ‘n droom het wat die moeite werd is om na te volg. Wat nou? Hoe weet jy dat jy wel jou droom kan bereik?
“Always remember there are only two kinds of people in this world—the realists and the dreamers. The realists know where they’re going. The dreamers have already been there.” (Robert Orben) As jy ‘n dromer is en jy was reeds daar in jou gedagtes vra dan die volgende vrae:
Duidelikheid - kan ek duidelik my droom sien?
Passie – dwing my droom my om dit na te jaag?
Werklikheid – vertrou ek op faktore binne my beheer om my droom te bereik?
Die pad – het ek ‘n strategie om die droom te bereik?
Die mense – het ek die mense wat ek moet insluit om my droom te bereik?
Die koste – is ek bereid om die prys vir my droom te betaal?
Vasberadenheid – beweeg ek nader aan my droom?
Vervulling – bring die werk om my droom te bereik vir my tevredenheid?
Betekenis – strek my droom tot ander mense se voordeel?
Leierskapslesse van Sinterklaas
Dis nou nie juis die plek waar ons sou verwag om iets van leierskap te leer nie. Tog is daar vier belangrike lesse om te leer.
1. Die hele jaar lank berei hy vir een enkele nag voor.
Hy doen dit nie alleen nie. Sy getroue vrou is aan sy sy. Sy is ‘n volle vennoot om van Kersfees ‘n sukses te maak. Ons moet ook nie die rendiere, ‘n integrale deel van sy span, vergeet nie. Almal werk saam om die teikendatums te bereik. Ou Kersaand is dié aand. Nou is daar geen plek vir verskonings nie. Daar is ook nie die moontlikheid van uitstel nie. Die tyd wag vir niemand nie.
2. Raak ontslae van die bagasie wat jou terugrem
Aan die einde van die aand is alles weg. Hy klou nie aan iets vas nie. Alles is afgelewer en sy slee is leeg. As gevolg hiervan bied die jaar, wat kom, onbeperkte geleenthede – ‘n vars begin.
Klou jy nog vas aan bagasie wat jy moet los? Dit hoort in die verlede. Los alle onnodige bagasie. As jy aan ander gee, skep dit nuwe geleenthede.
3. Onthou die goeie en vergeet die slegte
Sinterklaas sien die goeie en die slegte, maar geen kind kry ‘n leë kous nie. Sinterklaas het ‘n goeie geheue vir die goeie dinge. Hy vergeet van die verkeerde dinge - hy fokus op die positiewe. Is jy bereid om foute oor te sien, om verkeerde dinge te vergewe en die beste van mense te onthou? Fokus op die positiewe dinge.
4. Gee oorvloedig sonder om krediet daarvoor te soek
Sinterklaas staan voor baie ontberings. Dit is uitputtend om by elke huis in die wêreld aan te doen, maar hy gee en gee. Hy gee nie om as ons nie dankie sê nie. Hy soek geen krediet vir wat hy doen nie. Ons sit op sy skoot en vra en vra net.
Is jy bereid om te gee sonder om iets terug te verwag? Gee vrygewig sonder om krediet daarvoor te soek.
Daar is meer lesse, wat ons by Sinterklaas kan leer. Hy inspireer ons om ander mense te versorg.
Boektoekennings : Christianity Today
Christianity Today gee jaarliks ‘n aantal toekennings vir boeke wat hulle glo die geloofslewe, denke en kultuur mag beïnvloed. Saam met die Prediker wil ons uitroep: My seun wees gewaarsku: aan die skryf van baie boeke kom daar geen einde nie (12:12). Ons moet egter altyd onthou dat God juis deur ‘n Boek met ons praat. Die toekennings word in verskillende kategorieë gemaak.
Apologetika en evangelisasie
Urban Apologetics: Restoring Black Dignity with the Gospel - Eric Mason is die redakteur.
Merietetoekenning:
The Quest for the Historical Adam - William Lane Craig
Bybelstudie
A Theology of Paul and his letters: The Gift of the new Realm in Christ - Douglas Moo
Merietetoekenning
Covenant: The Framework of God’s Grand Plan of Redemption - Daniel I. Block
Kinders en Jeug
Any Time, Any Place, Any Prayer: A True Story of how you can Talk with God – Laura Wifler
Merietetoekenning
The Good Book Company - Laura Wifler.
Christelike leefwyse en dissipelskap
Living Radical Discipleship: Inspired by John Stott - Laura Metzner Yoder is die redakteur.
Merietetoekenning
What God has to Say about Our Bodies: how the Gospel is Good News for Our Physical Selves - Sam Allberry
Die kerk en pastorale leierskap
Preaching to people in Pain: How Suffering Can Shape Your Sermons and Connect with Your Congregation - Matthew D. Kim .
Merietetoekenning
Winsome Conviction: Disagreeing without Dividing the Church - Tim Muehihoff en Richard Langer
Kultuur en die kunste
How We Can Discover God through the Arts by Appreciating Beauty and Creativity – Terry Glaspey
Merietetoekenning
Reading the Times: a Literary and Theological Inquiry into the News – Jeffrey Bilbro
Fiksie
Revival Season – Monica West
Merietetoekenning
Sugar Birds – Cheryl Grey
Geskiedenis en biografie
God’s Law and Order: the Politics of Punishment in Evangelical America - Aaron Griffith
Merietetoekenning
Mother of Modern Evangelilism: The life and Legacy of Henriette Mears – Arlin C. Migliazzo
Die huwelik en die gesin
Where the Light Fell: A Memoir – Philip Yancey
Merietetoekenning
Lament for a Father: The Journey to Understanding and Forgiveness – Marvin Olasky
Sending en die globale kerk
Migration and the Making of the Global Church - Jehu Hancilles
Merietetoekenning
Handing Down the Faith: How Parents Pass Their Religion on to the Next Generation – Christian Smith en Amy Adamczyk
Politiek en die openbare lewe
Reparations: A Christian Call for Repentance and Repair – Duke L. Kwon en Gregory Thompaon
Merietetoekenning
We the Fallen People: The Founders and the Future of American Democracy – Tracy McKensie
Geestelike vorming
God in All Things: Rediscovering the Sacred in an Everyday World – Andrew Wilson
Merietetoekenning
Living Vocationally: The Journey of the Called Life – Paul J. Wadell en Charles J. Pinches Teologie en Etiek
Simply Trinity: The Unmanipulated Father, Son, and Spirit – Matthew Barrett
Merietetoekenning
The Doctrine of Creation: A Constructive Kuyperian Approach - Bruce Riley Ashford en Craig Bartholomew
Ander
Prayer in the Night – Trish Harrison Warren
Merietetoekenning
Enjoying the Bible: Literary Approaches to Living the Scriptures – Matthew Mullins
Comments