top of page

Moenie ‘n geheime lewe leef nie

Stephan Joubert

In sy nuutste artikel, skryf Stephan Joubert oor dei gevaar van 'n geheime lewe.
Moenie ‘n geheime lewe leef nie

Dis verstommend hoeveel mense se geheime lewens deesdae op een of ander manier op die lappe kom. Jy kan nie die TV of radio aanskakel nie, of jy hoor van een of ander persoon wat vir dekades bedrog gepleeg het, of van een of ander indiwidu, wat jare lank seksuele oortredings gepleeg het. Hoe is dit moontlik dat mense lank met twee lewens kan wegkom? Ek weet nie, maar wat ek wel weet, is dat jy dit nie met God moet probeer nie. Hy laat dit nie toe nie!


Die Gees is ‘n maskerverwyderaar. Hy haat dit dat ons twee stelle reëls het, een vir die kerk en een vir die werk. Hy haat dit dat ons twee gesigte het, een vir ons godsdienstige vriende en een vir die res. Die Gees maak ons van binne af nuut, nie andersom nie. Hy verander eers ons harte voordat die res van ons lewens volg. Hy timmer alle skynheiligheid uit ons binneste. Daarom gaan dit teen sy grein dat geheime sondes, soos dié van Annania en sy vrou Safira, in ons lewens nes maak.


As jy twee soorte lewens lei, dan moet jy nou dadelik daarmee ophou. Staak dit. Laat toe dat die Gees van God jou van binne af opreg maak. Sorg dat wie jy hier binne is en wie jy na buite is, een en dieselfde mens is.


Gebed:

Gees van heiligheid, timmer alle onheiligheid en skyn-heiligheid uit my. Amen

Comments


bottom of page