top of page

Praat waarheid

Stephan Joubert

Stephan Joubert help ons om te sien wat die verskil is tussen die volle waarheid, en 'n halwe waarheid.
Praat waarheid

Ons is soms te sag op die waarheid. Ons skroom nie om leuens te vertel om ons uit verknorsings te kry nie. Wanneer ons vergeet om iets vir iemand te doen, dan sê ons maklik iets soos: “ek het jou in die hande probeer kry, maar jy was nooit tuis nie.” As ons onverwags in iemand vasloop wat ons nie eintlik wil sien nie, raak ons woorde kwyt soos: “Ek dink baie aan jou.” Is dit die waarheid? Of dalk ‘n noodleuen? Wel, feit is, daar is nie iets soos noodleuens nie, dis als net leuens. Nooit is enige nood groot genoeg om met die waarheid te ploeg nie.


Annanias en Safira se leuen was om die helfte van die waarheid te vertel. Hulle was 50% reg. Is dit genoeg? Nee, nie vir God nie. Hoekom het hulle gejok? Om hulleself te bevoordeel, soos wat leuenaars doen. Ons jok om onsself uit ‘n verknorsing te kry, of om onsself beter te laat lyk in die oë van ander! Maar die volle waarheid is dat God nie van halwe waarhede hou nie. Dis of die waarheid of niks vir Hom. Halwe waarhede is niks minders nie as om vir die Gees te lieg soos wat Petrus in vers 3 vir Annanias sê. Dink goed na oor hierdie woorde en gaan toets jou eie omgang met die waarheid aan die Skrif.


Gebed
Vader in die hemel, laat my met groot ontsag vir U elke dag die waarheid praat en leef. Amen

Comments


bottom of page