top of page

Spandeer tyd by God

Elmarie van der Westhuizen

“Think of a human friendship: How do we grow closer to someone on a human level? The most important way is by spending time with them – talking with them, listening to them, sharing your concerns with each other and even helping them when they need our help. And the same is true with God.” (Billy Graham)

In die eerste studie van sy soort het professor Jeffrey Hall van die Universiteit van Kansas gevind dat dit ongeveer 40 tot 60 uur neem vir ‘n oppervlakkige vriendskap om te vorm, 90 uur om ‘n vriend te word en 200+ ure om iemand as jou goeie vriend te kan beskou. As ‘n mens in aanmerking neem hoe min tyd ons daagliks en weekliks saam met ons vriende spandeer, besef ‘n mens hoe lank dit gaan neem om ‘n ware vriendskap te vorm!


Dieselfde is waar van my verhouding met God – hoe meer tyd ek by Hom spandeer, hoe sterker gaan ons verhouding groei. In my stiltetyd, in Sy Woord en in gebed, leer ek Hom beter ken as Vader. Dit is waar ek leer van Sy beloftes aan my Sy kind, my diepste gevoelens met Hom deel en vertroosting by Hom vind.


Dit is nooit te laat om te begin nie en daar is verskeie maniere om tyd in te ruim. Ek kan dalk soggens vroeër opstaan, voordat my huismense wakker word. My vriend, Vijay Menon, wat by Lloyds of London gewerk het, sê dat hy nooit enige van sy kollegas met hul pajamas werk toe sien kom het nie – almal het vroeg genoeg opgestaan om betyds klaar te maak. Net so kan ons ook vroegoggend tyd inruim vir stiltetyd. Ek kan natuurlik ‘n tyd kies wat by my persoonlikheid en omstandighede pas en wat vir my werkbaar is. As ek ‘n naguil is, mag ek vind dat laataand beter vir my werk.


Daniël was ‘n besige man en het ‘n baie hoë posisie in die Babiloniese Ryk beklee. Tog het hy drie maal per dag gebid en tyd in die Here se teenwoordigheid spandeer. So het hy gegroei in sy verhouding met God en kon hy op die Here vertrou, toe hy in die leeukuil gegooi is. Wanneer ek in my stiltetyd herinner word aan die Here se liefde en nabyheid aan my, sal ek Hom ook kan vertrou met al my probleme en uitdagings.


Almal van ons het slegs 24 uur in ons dag. Dit is essensieel om in hierdie 24 uur tyd in te ruim vir my “afspraak” met die Here sodat my verhouding met Hom en vertroue in Hom kan versterk.


It is not easy to shut out the world. Set aside a few minutes by yourself and spend time in God’s Word and prayer. But it is essential if we are to grow in our relationship with God and be strengthened for the battles ahead. Don’t delay. Begin now to spend time alone with God every day.” (Billy Graham)

Comments


bottom of page