top of page

Studente van die begin af

Stephan Joubert

Lees Handelinge 2:42

Een van die bekendste tekste oor die Gees se werk is Handelinge 2:42. Dit vertel van die radikale verandering wat die Gees te weeg gebring het in die Christelike gemeenskap in Jerusalem. Wat my veral aangryp van hierdie Geesvervulde gemeenskap, is dat hulle hulleself eerstens toewy aan die leer van die apostels. In gewone Afrikaans gesê, hulle het dadelik aangemeld as studente in die apostels se Bybelskool!

Sonder kennis help ywer vir die Here nie veel nie. Ywer is wonderlik. Nee, dis lewensnoodsaaklik. Maar ywer is gevaarlik sonder die regte kennis van God se Woord. En dan praat ek nie van blote Bybelversie-kennis nie. Dis gevaarlik om net ‘n klomp losstaande Bybeltekste uit jou kop te ken sonder om daardie tekste se konteks te ken. Vra vir Elvis Presley. Voordat hy 15 jaar oud was, het hy 7 jaar agtereenvolgens 350 Bybelverse uit sy kop geleer sodat hy verniet na ‘n somerkamp van sy kerk kon gaan. Het dit hom gehelp? Daaroor moet jy maar self besluit, maar ek weet dit gaan vir die Gees oor die omvattende oorskryf van sy Woord diep in ons harte, nie oor kopkennis rakende ‘n klompie Bybelverse nie. Vers-kennis is nog nie hart-kennis nie. Daarom dat Geesvervuldes so daarna smag om met die Woord se inhoud deurspoel te word- om Bybelboeke te ken en daaruit te leef. Wat van jou? Is jy ‘n voltydse student van die Woord?

Gebed

Skryf die Bybel ook op die tafels van my eie hart, Gees van God. Amen

Comments


bottom of page