top of page

Vreugde is God se lewenstou

  • Stephan Joubert
  • Feb 16, 2023
  • 1 min read

Die digter en skrywer, Herman Hesse, het te midde van al die wreedhede van die eerste wêreldoorlog gepraat van klein daaglikse vreugdes, wat gedien het as sy papierdun lewenstou. Jane Hirshfield het ook hierdie dun lewenstou van vreugde geken. Klein stukkies vreugde het haar lewenskaal laat klop. Sy beskryf dit as volg in haar gedig “The Weighing:”

So few grains of happiness, measured against all the dark, and still the scales balance.”

Ook Viktor Frankl het dit begryp. Hyself het Auschwitz oorleef. Nogtans kon hy self daar uitroep:

Yes to life, in spite of everything!

Vreugde kom in klein daaglikse dosisse na ons toe. Die Here moet maar net ons oë daarvoor oopmaak. Op wonderbaarlike maniere vleg die goue draad van hemelse vreugde deur die daaglikse uitdagings, wat ons in die oë staar. Dit gebeur in ’n vinnige handdruk van iemand anders. Of in ’n vriendelike glimlag. Of in ’n klein daad van omgee. Ook gooi ons sulke vreugdetoue uit na ander toe deur woorde en dade van omgee en liefde. So beleef ons daaglikse vreugde, omdat ons Hom ken wat ons daaglikse en ewige lewenslyn is. Omdat Hy by ons is, ken ons vreugde!

Comments


bottom of page