top of page

Wees ’n lewende antwoord vir die Here

  • Stephan Joubert
  • Aug 12, 2021
  • 1 min read

Stephan Joubert skryf in sy nuutste Goeie Nuus hoe om 'n lewende antwoord te wees
Wees ’n lewende antwoord vir die Here

Eers was dit ver. Nou is dit naby. Ek praat van dié Virus. Vroeër het ander mense dit gekry. Nou gebeur dit sommer hier in ons eie huis. Skielik moet ons almal die dood, wat op ons eie voorstoeppe opgedaag het, hanteer. COVID is nie grappies nie. Ja, dit is verlede jaar se nuus dat die koronavirus die wêreld onherroeplik verander het. Maar hier in 2021 voel ons elkeen dit al hoe meer aan ons eie lywe. Ook is dit nie nuwe nuus dat daar derduisende godsdienstige verklarings is vir die koronavirus nie. Party sê dit is ’n teken dat die einde van die wêreld naby is. Ander vertel steeds met groot oortuiging dat dit God se straf is.


Ons as gelowiges moet beter doen as om halfgebakte verklarings namens God oor die redes vir die korona-virus op te dis. Ons skuld nie vir almal bespiegelende antwoorde hieroor nie. Ons skuld vir niemand verklarings oor hoekom sommiges dood is hieraan en ander bly leef nie. Dit is eerder ons roeping om hier te wees vir mekaar. Ons moet help, dien, bid en saam treur. Ons moet sout en lig wees, soos wat Jesus ons leer. Dan is onsself die regte lewende antwoorde van die Here aan mekaar.

Commenti


bottom of page