Privaatheidsbeleid
Jou privaatheid is vir ons by eKerk uiters belangrik. Ons versamel en hanteer alle inligting in ooreenstemming met die riglyne van die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting (POPIA).
​
Versameling van persoonlike inligting
Wanneer jy vrywillig inteken, gee jy toestemming aan eKerk om weeklikse kommunikasie per e-pos na jou te stuur. Jou persoonlike inligting word uitsluitlik vir die spesifieke doeleindes waarvoor dit versamel word gebruik, soos ooreengekom wanneer jy toestemming verleen.
​
Ons verbind ons daartoe om:
-
Jou inligting nie vir ander doeleindes te gebruik, verkoop of te versprei nie.
-
Jou inligting veilig te stoor op ons aanlyn databasis.
​
Indien jy nie met jou e-pos wil inteken nie, is ons nuusbriewe steeds beskikbaar op ons webwerf onder die "Lees"-afdeling, sowel as op ons sosiale media platforms.
​
​
Bestuur van jou persoonlike inligting
Jy kan enige tyd jou persoonlike inligting verander of jou intekening kanselleer deur:
-
Onder aan enige nuusbrief op "Hersien my profiel" te kliek.
-
Jou inligting van ons databasis te verwyder deur "Teken uit" te kies.
-
’n E-pos te stuur na info@ekerk.org.
​
In die geval van klagtes
As jy voel dat ons nie hierdie riglyne volg nie, kan jy die Inligtingsreguleerder kontak vir verdere hulp en advies.
​