top of page
Writer's pictureStephan Joubert

Ons seerkry is nie ’n lewenslange kampeerplek nie


“Everybody hurts sometime,” het die bekende groep REM gesing. As ons hierdie “sometime” egter verander na “all the time,” dan leef ons ongesond. Nie een van ons het ‘n verskoning om vir altyd in ons eie probleme rond te lê nie. Dit is dodelik om ons swakhede of gebreke te verhef tot ’n deug. Al worstel ons almal op verskillende maniere met ons eie gebrokenheid, is dit nooit ’n parkeerterrein waar ons lewenslank mag uitkamp nie. Ons moet aanhoudend kies om aan te beweeg na ’n plek van heelheid en herstel voor die Here. So nie, raak ons egosentries wat ons gebrokenheid betref. Dan hou ons later ander mense rondom ons gevange met ons stukkendheid. Dan manipuleer ons hulle om ons jammer te kry. Of dan dreig ons hulle as hulle nie genoeg vir ons omgee nie. Die oplossing is om al ons twyfel en seerkry elke slag na Jesus toe te bring. Dan moet ons ook leer om dit daar agter te laat. Dan eers kan ons vanuit ons eie gebrokenheid diensbaar raak op die regte maniere. Dan kan ons ander vertroos met dieselfde vertroosting waarmee God ons vertroos het, soos wat Paulus in 2 Korintiërs 1 skryf.


bottom of page