top of page
Writer's pictureStephan Joubert

Ons taal gee ons arrogansie weg


Ons is veels te behep met óns stemme, óns idees oor reg en verkeerd, óns pyn en lyding, óns prestasies, óns regte, óns omstandighede...! Ons selfgemaakte “grootheid” wys gedurig wanneer ons ander mense gedurig in die rede val of doodpraat, of wanneer ons heeltyd in die sentrum van die aandag probeer wees met ons groot stories en ons super-getuienisse. Ons praat minder hoflik met mense wat minder aansien in ons eie oë het as belangrike persone. Vir party mense sê ons beleefd “u” en vir sommiges onbeleefd “jy” en “jou”. (Voordat jy my verkeerd hoor, daar’s niks verkeerd as ons aanspreekvorme opreg uit die hart kom nie, maar as ons taalgebruik ‘n magspel word wat mense rondom ons in verskillende klasse indeel en “op hulle plek hou”, dan maak ons droog.) Wanneer ander nie gou genoeg en hoog genoeg spring in ons nabyheid nie, kry hulle ’n “mondvol” vernederende woorde uit ons mond. Al genesing vir sulke arrogansie is dat ons onsself in nederigheid aan die Here onderwerp soos wat Jakobus 4:7 voorskryf. Sagter woorde en genesende taal is die uitdaging wat die Skrif aan ons almal stel, maar sulke taal vloei slegs voort uit nederige harte. Wanneer ons voor God en ander buig, verander ons taal.


bottom of page