Dien
top of page

Dien


Lees Efesiërs 5:22

 

Geesvervuldheid het ‘n direkte effek op my huwelik. Ek kan nie vroom-vroom die Here elders in die lewe dien, maar my huwelik lyk intussen soos ‘n voltydse mynveld nie. God stuur my elke dag na my huweliksmaat toe om daar Geesvervuld te gaan leef. Hier wys dit elke keer. Hier wen die Gees se waardes as my huweliksmaat en ek met ‘n nuwe ingesteldheid teenoor mekaar voor die Here leef. In Efesiërs 5 gee Hy dan aan my die perfekte bloudruk hoe om dit te doen. Dit begin met selfopoffering ter wille van mekaar. Dit vra ook in die besonder van vroue om hul mans te dien, soos wat die gemeente die Here in nederigheid en met volle oorgawe dien.

 

Nee, onderdanigheid en diensbaarheid is nie vloerlapterme  nie. Dit is eerbare posisies, waar beide man en vrou weet dat dit nie meer oor hulleself gaan nie. Dit is eer-weggee-rolle, wat veroorsaak dat die ander huweliksmaat van vroeg tot laat wen. Vroue doen dit graag soos wat die liggaam van Christus dit jeens hul Heer doen. Hulle buig mos met graagte voor Jesus. Hulle maak Hom tot Erekoning. Hulle verheerlik Hom elke dag en elke nag. Hulle gee daarom nie om om van laat tot vroeg en omgekeerd te dien, lief te hê en alles op te offer ter wille van hul huweliksmaat se geluk nie.

 

Gebed:

Maak my iemand, wat my huweliksmaat met oorgawe dien, Heer. Amen.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page