Bou die regte mure
top of page

Bou die regte mure


Lees Efesiërs 5:21

 

Die vervulling met die Heilige Gees, waarna Paulus in Efesiërs 5:18 verwys, vind uiting in ons stemme, soos wat vers 19-20 vertel. Hy laat ons sing! En nuwe liedere boonop! Maar die vervulling van die Gees vloei volgens Paulus ook direk oor in ons huweliksverhoudings. Geesvervuldheid wys in hoe man en vrou mekaar behandel. Dit begin reeds met liefdevolle, wedersydse onderworpenheid aan mekaar.

 

Kan jy dit glo dat Paulus ook vir mans sê om hulle aan hul vrouens te onderwerp! Party mans gee eintlik net aandag aan vers 22, waar die onderworpenheid van vroue by name gevra word. Maar die eintlike skokteks is vers 21, waar Paulus sê beide vrouens en mans moet aan mekaar diensbaar en ondergeskik leef. So skokkend is vers 21 trouens dat sommige Bybelvertalings dit steeds by die vorige perikoop inpas. Maar as ‘n mens na die oorspronklike Grieks gaan kyk, het vers 21 direk betrekking op die verhouding tussen man en vrou. Die Griekse werkwoord vir onderdanigheid kom net in vers 21 voor en word hierna in vers 22 weggelaat, wat veronderstel dat hierdie twee verse direk op mekaar betrekking het. Kortom, mans wat graag hul vroue tot onderdanigheid oproep sonder dat hulle vroue dieselfde van hulle kan of mag vra, mis die punt! Wanneer die Gees ons vervul, dan buig ons graag voor ons huweliksmaats. Dan doen ons dit met die liefde van Christus.

 

Gebed:

Dankie vir my kosbare huweliksmaat, Here. Amen.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page