top of page
Writer's pictureRoedolf Botha

Christene meet hulle lewens anders


Ek het onlangs ‘n nuwe heldin ontdek. Dis die Britse kunstenaar Lilias Trotter. Sy het in die laat 1800’s begin om groot naam vir haarself in die kunswêreld te maak. Sy is aan die destydse wêreldbekende kunstenaar en kulturele kommentator, John Ruskin, voorgestel. Ruskin het aangebied om haar in die internasionale, hoë profiel kunswêreld in te lei en haar aan die wêreld se bekendste en mees invloedryke mense voor te stel. Hy was báie beïndruk met Lilias se kunswerke en was van mening dat sy vinnig een van die wêreld se beste skilders gaan wees.


Toe skok sy almal.


Sy verlaat haar gemaklike lewe om saam met twee vriendinne van haar in Algerië te gaan sendingwerk doen! Daar het sy vir veertig jaar onder geviktimiseerde Moslemvroue gebly en gewerk. So effektief was sy en so gewaardeerd dat selfs die Sufi Moslembroederskap, wat slegs uit mans bestaan het, haar deel van hulle groep gemaak het, wanneer hulle saam oor die sin en betekenis van die lewe gedink het!


Maar moenie dink dat Lilias Jesus in die proses verloën het nie. Nee, sy was getrou aan Jesus en die evangelie tot aan die einde van haar lewe. Sy het net haar lewe so geleef en mense so liefgehad, dat almal na haar geluister het. Een van die Moslemvroue het later oor Lilias se gesê dat niemand hulle nog ooit so liefgehad het soos Lilias Trotter nie! Daarom het hulle in Lilias se Jesus ook geglo.


Mense, wat die kruis van Jesus volg, dink anders as die res van die wêreld. Ons meet ons lewens anders. So is dit veronderstel om te wees.


Mense het gereeld vir Lilian gevra waarom sy hierdie lewe bo ‘n lewe van beroemdheid en welvaart gekies het. Daarop het sy altyd gereageer met woorde soos:


“There lies before us all a beautiful possible life, one with a passion for giving, that shall be poured forth for God, and spent out for man.”

Op ‘n ander keer het sy gesê:


“I am now ready to be offered. Measure your life not by gain but by loss, not by wine drunk, but by wine poured out. For love’s strength stands in love’s sacrifice.”

Sy het ook gesê:


“We walk in the way of His steps. By Him are actions weighed.”

Miriam Rockness, wat ‘n studie van Lilias se lewe gemaak, het gesê:


“Her life in Algeria was not lost. It was fed.”


Dís die pad van Jesus, die pad van die Kruis.

Comments


bottom of page