top of page

Die strik van ooranalise (Overthinking)


 

“We slip out of spiritual communion when we complicate things, worrying and overthinking and insisting we know better than God. We get lost in the cares of the world, and we forget the promise of “much more.” - Oswald Chambers


Die meeste van ons is heeldag in ‘n gesprek met onsself. Ons gedagtes vloei van een onderwerp na 'n ander, basiese gedagtes soos iets, wat ons moet onthou, byvoorbeeld om die motor se brandstoftenk te laat volmaak, ens. Ons kan selfs projekte, waarmee ons besig is, in die fynste besonderhede analiseer en oordink om die projek suksesvol af te handel.


Dit is egter die gedagtes, wat die sterkste emosie ontlok, waarna ons keer op keer terugkom en waar ons in “overthinking” kan vasval. Het ek te sterk oorgekom in die werks-pos / SMS / Whatsapp? Moes ek dit liewers anders bewoord het? Ek kan sien die boodskap is gelees, maar daar is nog geen antwoord nie. Hoekom SMS die persoon my nie terug nie? Het ek te veel by die kantoorvergadering gepraat? Soos golwe op die see is my gedagtes heen en weer en raak ek al hoe angstiger.


Is dit hoe my daaglikse gedagtes lyk? Is ek vasgevang in ‘n afwaartse spiraal van ooranalise, waar ek slegs my eie stem hoor en my probleme oor en oor herhaal? Of is dit hoopvol en positief?


In Psalm 6 lê Dawid in die nag met gedagtes wat hom wakker hou. Tog kom hy keer op keer weer terug na God toe. En dis wat ons ook moet doen. Wanneer ons so besig is om met onsself te praat, te ooranaliseer, is daar nie plek vir God se stem, Sy aanmoediging en perspektief op my situasie nie. Praat liewers met Hom - Sy stem bring rustigheid en kalmte.  


In plaas daarvan dat ek toelaat dat my selfgesprekke om myself, my gebreke, ander se opinies en húlle gebreke draai, kan ek eerder fokus op God en Sy oorvloedige liefde vir my.  Ek kan maak soos Fillipense 4:8 my herinner: “Weet julle waaraan julle moet dink in plaas daarvan om julle te sit en bekommer? Dink aan dit wat vir God saak maak, dinge wat ordentlik en reg is, dinge waaraan God sal dink en waarvan Hy sal hou, dinge wat God sal sê goed is. Moenie julle tyd mors om aan allerhande nuttelose dinge te sit en dink nie. Hou julle besig met dinge wat die moeite werd is en wat God in ’n goeie lig stel.” - DB


My default (aangeleerde gedrag) moet eerder wees om na Basiese Bybelse Beginsels terug te keer. Ek kan eerder myself afvra: “Wat sê die Skrif? Wat sou Jesus in hierdie situasie doen?” Dan sal ek nie so maklik neig om te ooranaliseer nie.

Comments


bottom of page