top of page
Writer's pictureStephan Joubert

Die tragedie van om sonder Christus te leef


“He died and we buried him in a Christless grave.”

So het die bekende prediker, D. L. Moody (1837-1899), gesê na die begrafnis van iemand met wie hy vir jare lank oor Christus gesels het. Elke keer het die man vir Moody gesê hy sal binnekort sy saak met die Here regmaak. Maar nooit het hy so ver gekom nie. Toe die man uiteindelik in ‘n hospitaal op sterwe gelê het, het Moody vir oulaas by hom gaan pleit om tot inkeer te kom. “It’s too late, mr. Moody,” het hy gesê. “My heart is as cold as the grave.” Nogtans het Moody vir die sterwende gebid. Vir oulaas het die man geantwoord: “It’s no use.”


Wat ’n tragedie om sonder die Here te sterf. Wag, die tragedie is eintlik nog groter as dit. Die eintlike tragedie is om sonder Christus te leef! Ons kort God se genade in ons lewe sodat ons elke dag vir Christus sal leef. Ons mag nie wag tot eendag op ’n reëndag voordat ons dit doen nie. Vandag is die regte dag. Vandag moet ons glo Hy is ons Here en Verlossser. Vandag moet ons Hom volg. As ons dit doen, sal die dood geen verskrikking vir ons inhou nie.

Comments


bottom of page