top of page
Writer's pictureStephan Joubert

Ek is nie ’n voltydse tekortkommer nie


In sy nuutste midweek Goeie Nuus, skryf Stephan Joubert oor "Ek is nie ’n voltydse tekortkommer nie"
Ek is nie ’n voltydse tekortkommer nie

“Ek het meer as genoeg.” Het jy al ooit gehoor dat iemand dit sê? Die meeste mense het nooit genoeg nie. Ons kort altyd nog iets. Nee wag, ons kort baie! Ons is voltydse tekortkommers. Ons is nie regtig eerlik met onsself, wanneer ons sê Psalm 23 is ons gunsteling psalm nie. Want ons struikel al oor die eerste vers, wat sê: “Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.” Ons kort enigiets vanaf beter werk, meer veiligheid, tot groter geluk… Om nie te praat van ’n beter skool, kerk, regering en ’n Corona-vrye wêreld nie. Ons is voltydse tekortkommers, omdat die Here nie regtig ons herder is nie. Ons loop nie soos getroue skape elke dag agter Hom aan nie. Ons klop net aan Sy deur as ons in die nood is. Dan moet Hy uithelp. Vir die res is ons nie regtig skape in Sy kudde nie. Dan kom ons goed reg op ons eie.


Om een van die Here se skape te wees, is om elke dag agter Hom as ons Herder aan te loop. Dit is om Hom te vertrou vir elke snytjie brood op ons tafel. En vir elke dag se porsie lewe. Om deel van die Here se kudde te wees, is om te weet ons het ons meer as genoeg. Dan is ons tevrede en te-vrede!

Comments


bottom of page