God is nou hier
top of page

God is nou hier


God is nowhere.” So voel sommige mense. Presies dit gebeur ook met Asaf, die skrywer van Psalm 73. Aanvanklik is hy sommer baie omgekrap. Hy gooi amper die handdoek in wat sy geloof betref (vers 1-2). Die rede? Asaf sien hoe goed gaan dit met godeloses gaan. Hulle laster en beledig links en regs. Hulle trap op almal. Nogtans word hulle net nog ryker en nog meer voorspoedig (vers 3-11). Met Asaf gaan dit egter baie sleg. Dit voel of sy geloof ‘n mors van tyd is, want elke dag bring net ’n nuwe klomp probleme (vers 13-14). Maar dan doen Asaf ’n baie goeie ding. Hy kies om goed na te dink oor alles sodat hy nie sy geloof verloor en dalk ’n klip in die pad voor ander gelowiges rol nie (vers 13-16). Hy kies om God se handewerke enduit met al daardie voorspoedige goddeloses te volg. Eventueel draai dinge tog sleg vir hulle uit (vers 17-20).


Asaf ontdek nog iets oor God. Hy ontdek dat God hom toe nooit alleen gelos het nie. God vat steeds vir Asaf aan die hand en Hy lei hom (vers 23). Daarom bely Asaf daar is niks in die hemel of op aarde, wat nou vir hom meer beteken as die Here nie. God is sy sterkte (vers 25-26). Die gevolg: Asaf verskuif vanaf “God is nowhere” na “God is now here.” “Nowhere” verander dan tot twee nuwe woorde in sy lewe: “now here.”  Leer by Asaf dat dit ’n wyse keuse is om gelowig te verskuif vanaf “God is nowhere” na “God is now here.” Nee,wag, dit is lewensveranderend.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page