Goeie raad vir slaaploosheid
top of page

Goeie raad vir slaaploosheid


Nou en dan tref slapeloosheid ons almal. Soms is dit ons eie bekommernis oor die dag van môre, wat ons wakker hou. Maar van Asaf se soort wakker lê in die nag, het ek nog nooit gehoor nie. Laat ek verduidelik: Hy skryf in Psalm 77 die Here laat hom snags wakker lê. Die rede? Asaf dink die Here het verander (vers 11). Boonop is hy bang dat die Here vergeet het om medelye met mense te hê (vers 10). Dit is egter nie al nie. Asaf sê in vers 11 sy grootste smart is dat God nie meer optree soos wat Hy vroeër opgetree het nie. Daarom ontwyk slaap hom. God het sy nagtelike probleem geword, sy wakker-lê-probleem.


Asaf doen egter dan ’n baie wyse ding. Hy kies om die rede vir sy slapeloosheid reg aan te spreek. Hy doen dit deur sy gedagtes te verskuif. Asaf kies om terug te kyk na God se groot reddingsdade in die geskiedenis (vers 13-21). Hy kies om God se redding by die Rooi See raak te sien. Dan weet Asaf opnuut God is goed, al sien hy dit nie altyd raak nie. God het Sy goedheid onteenseglik gewys toe Hy Sy volk gered het. Dan kan Asaf weer tot rus kom. Hy weet nou dieselfde God van gister en eergister dra hom ook hier en nou. Dit dra hom deur sy eie donker nag. Daarom neem Asaf se insomnia die wyk teen die einde van Psalm 77.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page