Heerlikheid!
top of page

Heerlikheid!


Lees Romeine 8:30

 

Die Heilige Gees maak ons vry sodat ons ons verhouding met Christus kan geniet. Hy bou ‘n nuwe soort vryheid in ons lewe in, wat nie van uiterlike omstandighede of van die gehoorsaming van duisende godsdienstige reëls afhanklik is nie. Hy bring ’n vrede in ons, wat selfs ons eie verstand te bowe gaan. Hy oorlaai ons met God se guns en verseker ons dat God ons uit genade geroep, geregverdig en verheerlik het. Ons is uitverkies tot nuwe lewe, nie tot verdoemenis nie. Ons is geroep om God te verheerlik, nie om ons eie koninkryke te bou nie.

 

Natuurlik mag ons nooit ons Christelike vryheid misbruik om sonde te doen of om onverantwoordelik te leef nie (1 Petrus 2:16). Die Heilige Gees het ons juis uit die mag van sonde kom verlos sodat ons elke dag in die sonskyn van Sy genade kan leef en sodat ons lewens regtig soos tempels kan begin lyk. Die Heilige Gees is God se spesiale Trooster en Helper, wat ons elke keer langs die lewenspad sal kom haal, wanneer ons die pad byster raak. Hy sal ons optel wanneer ons die slag in die gemors val. Die Heilige Gees onderskep ook ons swaarkry en lyding en neem dit reguit na God se troon toe. Hy pleit vir ons totdat God uitkoms gee. Hy laat alles ten goede meewerk.

 

Gebed:

U spesiale werk in my lewe is te groot om te begryp. Dankie! Amen.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page