Herwin jou kinderlike opregtheid
top of page

Herwin jou kinderlike opregtheid


Verlies het nie net te make met stukkende verhoudings en dood nie. Dikwels is verlies ook emosioneel of geestelik van aard. Judith Viorst skryf in haar boek Necessary Losses (1998) dat dit gepaard gaan met die verlies van “romantic dreams, impossible expectations, illusions of freedom and power, illusions of safety and the loss of our own younger self, the self that thought it would always be unwrinkled and invulnerable and immortal” .


Daardie verlies van kinderlike onskuld het die meeste van ons oorgekom. Ons harte het ’n klein bietjie harder geword en ons geloof ’n klein bietjie kouer. Miskien is dit hoekom Coenie De Villiers se lied: “Daar’s ’n plek” so tydloos gewild is. Ons almal soek na ’n plek sonder pyn en leed, daar waar jy weer deur die oë van ’n kind kan kyk en waar jy jou onskuld kan terugvind. Dis presies waarheen Jesus ons in Matteus 18 uitnooi. Nee, Hy doen meer as dit. Hy beveel ons om weer kinders te word. Slegs dan sal ons in God se koninkryk ingaan. Jesus verwag regtig van ons om agteruit te groei, van groot na klein, van selfversekerde volwassenes tot nuuskierige en leerbare kinders. Hy roep ons op om weer afhanklik van God te wees, soos wat klein kindertjies van hulle ouers vir versorging, veiligheid en liefde afhanklik is.


Kom ons herwin ons kinderlike vertroue in die Here. Kom ons kies om met verwondering na Hom op te kyk en om skoonheid, vreugde en geloof in ons lewe te herwin. Kom ons kyk en leef weer deur die oë van ’n kind.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page