top of page
Writer's pictureStephan Joubert

Hoe duur kos jy die wêreld?


Iemand bereken ’n ruk gelede dat elke Instagram-plasing van die sokkerster, Christiano Ronaldo, ongeveer dieselfde hoeveelheid krag gebruik as 10 huishoudings in Brittanje. Elke plasing van Ronaldo gemik op sy sowat 250 miljoen volgelinge genereer sowat 36 megawatt uur se krag. Praat van supersterre met ’n supergevolg, wat ook supergevolge op die omgewing het … of so-iets!


Dalk moet ons elkeen ’n slag goed gaan nadink oor ons eie verantwoordelikheid om God se skepping beter op te pas. Vir ’n begin kan ons elkeen ons eie swerftogte op sosiale mediaplatforms drasties afskaal. Ons hoef nie daardie onbeperkte datapakette op ons selfone of ons internetkontrakte gedurig in die rooi druk nie. Ons hoef nie ons huis se ligte sonder rede aan te los nie. Ons hoef nie vir elke onbenulligheid in ons motor, wat net nog uitlaatgasse in die lug loslaat, te spring nie. Ons is geroep om instandhouers, opbouers, herstellers en heelmakers van God se skepping te wees. Ons is nie eindelose verbruikers van natuurlike hulpbronne nie. Ons is nie verslaaf aan digitale media nie. Ons weet dit is ook deel van ons roeping voor God dat ons nie die omgewing duur moet kos nie.

Comments


bottom of page