Hoop het nie geloop nie
top of page

Hoop het nie geloop nie


Hoop het geloop. Dit het die pad gevat. Hoop het saam met baie Suid-Afrikaners, wat buiteland toe is, geëmigreer. Of dalk nie. Dalk dink ons heeltemal verkeerd oor hoop. Dalk het ons vergeet hoop het nooit gunstige omstandighede nodig om te groei nie. Hoop, die Bybelse soort, is nie afhanklik van voorspoed of veiligheid nie. Hoop is altyd Persoongerig. Hoop het ’n naam. Dit is gefokus op Christus as ons bron van hoop. Daarom gedy hierdie hoop onder alle omstandighede. Daarom hou dit aan om te groei, wanneer dinge moeilik en onverstaanbaar raak. Om hierdie lewensbelangrike feit te weet én om dit te glo, het verreikende gevolge. Dit veroorsaak dat jy nooit onderstebo deur die lewe geleef word nie. Dit veroorsaak dat geen onverwagse snelbal van moeilikheid of teenstand jou skoonboul nie.


Hoop, wat in Christus gesetel is, verander jou uitkyk op die lewe. Dit begelei jou om ten spyte van jou omstandighede, jou geloofsoog fyn op Hom as die Here ingestel te hou. Dit veroorsaak dat jy nooit deur enige situasie gevange gehou word nie. Of deur dié van ander mense rondom jou nie. Hoop loop hand aan hand met ‘n leefwyse van vertroue, dapperheid en geloofsmoed in die Here se teenwoordigheid. Beoefen die regte hoop en leef!

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page