top of page

Is jy in lewensgevaar?


Tom Sine vertel in een boek van ’n gesprek, wat hy met ’n kerleier in die Ooste gehad het. Dit was nadat hy tydens ’n konferensie die aanwesiges teen die gevare van “consumerism”, wat orals kop uitsteek gewaarskuhet. Toe kom vermaan hierdie Egiptiese kerkleier hom na die tyd oor sy “uitgediende” idees. Volgens hierdie man verbind jonger Arabiese Christene hul geloof met materiële sukses. “It means that their children can buy Barbie dolls and they can drive luxury German vehicles,” het hy onbeskaamd bygevoeg.


Nee, daar’s niks verkeerd met Duitse motors of mooi speelgoed vir kinders nie, maar as dit die barometer vir“suksesvolle" geloof geword het, dan is ons in groter moeilikheid, as wat ons dink. Jesus hou ‘n radikaal anderroete aan ons voor, een waar ons besittings nooit ons geseëndheid voor God bepaal nie. Solank as wat sulke dinge ons gedagtes oorheers, verkeer ons geestelik in lewensgevaar. Dan is ons besig om ons eie siel op die altaar van gierigheid en kommer te laat prut. Hoor asseblief weer: die waarde van ons eie lewe voor God is nie afhanklik van die hoeveelheid besittings op ons naam, of die tekort daaraan nie!

Comments


bottom of page