Jesus is ook in die middel
top of page

Jesus is ook in die middel


Stuck in the middle with you.” Onthou jy nog hierdie trefferliedjie uit 1973? Om “stuck” in die middel te wees, is glad nie lekker nie. Dit verander jou blykbaar in ’n draadsitter, soos wat party mense sou sê. Tog kort ons elkeen ’n stukkie veilige middelgrond, want die wêreld van ons dag is net te gepolariseerd. Die politiek, sport, onderwys en die kerk is gedurig in twee kampe verdeel. Dit voel of al die middelgrond weg is. Vir of teen is die enigste twee opsies, wat vir ons oorgebly het. Waag jy dit om jouself nie te skaar by een of die ander kant van die draad nie, word jy summier afgeskryf.


Hoor hier, daar is steeds ’n goeie middelgrond te vind by Jesus. Hyself het tegelykertyd gemaklik tussen vriende en vyande rondbeweeg, sonder om ooit enige kompromieë aan te gaan. Sondaars het by Jesus tuis gevoel, maar Hy het ook godsdienstige opponente naby aan Hom toegelaat. Beide groepe het by Hom gehoor dat hulle hulle moet bekeer. Hulle het gehoor Jesus het ’n nuwe spasie geskep, genaamd die koninkryk van God. Hier is dit regtig veilig, tot vandag toe nog. Hier gee Jesus vir elkeen, wat Hom van harte navolg, ’n  nuwe identiteit. Hier leer Jesus al Sy volgelinge om God van harte lief te hê en om alle mense te respekteer, al is ons nie deel van hulle kampe of kampgevegte nie. Ons is nooit “stuck” of vasgevang in die middel, wanneer dit gaan oor Jesus nie.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page