top of page

Kyk sagter


Kleintyd het my pa my geleer dat ek nooit ander mense uitkyk nie, veral nie in die kerk nie. “Ons gaan kerk toe sodat die Here ons kan uitkyk, nie sodat ons mekaar kan uitkyk nie.” Nogtans kyk mense mekaar met verskillende kyke uit. Daar’s enigiets vanaf waarderende kyke, vuil kyke, op en af kyke, veroordelende kyke, dankbare kyke, stukkende kyke, liefdevolle kyke, nuuskierige kyke, uit die hoogte kyke, skelm kyke … 

Ons kan nie anders as om ander mense raak te kyk en soms ook uit te kyk nie. Daarom moet ons seker maak dat ons kyke ander mense nie laat voel hulle is minderwaardig nie. Die bekende filosoof Jean-Paul Sartre het juis gepraat van ’n “look of shame”, wat ’n gevoel van onwaardigheid aan die kant van uitgekyktes veroorsaak. Sulke kyke moet met genadige kyke vervang word. Jesus help ons met hoe om dit te doen. Sy oë is altyd vol genade teenoor almal, wat by Hom aanklop. Hy sien ons altyd reg raak. Hy sien ons met hemelse deernis raak. Hy sien ons met vergifnis raak. Hy sien ons reddend raak. Hy sien ons nuut en vernuwend raak. Daarom moet ons dieselfde teenoor mekaar doen. Ons moet sagter oë hê.

Comments


bottom of page