top of page

Laat die Gees jou hart volskryf


Lees Psalm 1:2

 

Hoe meer jy die Bybel lees en oordink, hoe meer word dit deel van jou geestelike metabolisme. Bestudeer die Woord, dan skryf die Gees tegelykertyd die regte woorde in jou siel en hart neer. Hy verander die woorde voor jou oë in ‘n geestelike feesmaal. Net so min as wat jyself kan sorg dat die kos, wat jy eet, se voedsaamheid deur die spysverteringsprosesse in jou liggaam geabsorbeer word, net so min kan jy sorg dat die Woord in jou hart oorgeskryf word en jou waarlik laat leef. Dit is die Gees se werk om die Bybel lewend te maak. Net hy het die regte hemelse ink om dit te doen, onuitwisbare, permanente ink. Al wat jy van jou kant af moet doen, is om die regte geestelike kos te eet. Net dit! Met ander woorde, lees die Woord.

 

Gebruik daardie einste kop van jou, wat onder hemelse beheer staan en wat in staat is om Godverheerlikende dinge te dink, wanneer jy die Bybel in jou hand neem. Lees die Bybel aandagtig. Gebruik goeie hulpmiddels, as dit moet. Maak jou gedagtes propvol met goeie woorde uit die Woord. Lees paragrawe, hoofstukke en Bybelboeke deur. En los die res oor vir die Heilige Gees. Hy sal weet waar en hoe om Sy Woord in jou binneste oor te skryf ... en in jou woorde, dade en denke. Vertrou Hom volledig met die Woord in jou lewe.

 

Gebed:

Skryf U Woord met sierskrif in my lewe oor, Gees van Christus. Amen.

Comments


bottom of page