top of page

Lekker lag


Spreuke 17:22 in die NLV sê: "A cheerful heart is good medicine, but a broken spirit saps a person’s strength.”


Dit is nog meer van toepassing in ons alledaagse lewe. Daar is baie dinge in die wêreld en in ons persoonlike lewens aan die gang waaroor ons ontsteld, bekommerd, gestres of angstig kan wees. As ons nie versigtig is nie, sal ons net daarna bly kyk en moedeloos en hopeloos voel.


Onlangs moes ek ‘n vriendin groet, wat vir ‘n paar maande in SA gaan bly. Ten spyte van die hartseer om afskeid te neem, kon ons heerlik saam lag en gesels. Die saam lag het die afskeid makliker gemaak en my herinner aan die woorde van die lied in die Mary Poppins-film:


 “Just a spoonful of sugar helps the medicine go downIn a most delightful way!”


Ons moet egter leer om God se geskenk van vreugde proaktief te omhels en lag in ons daaglikse lewe in te sluit. Na ‘n goeie lagbui is jou situasie nog steeds dieselfde, jou finansies steeds onder druk, jou verhoudings steeds kompleks. Jy voel egter ligter en sien vir meer kans - die swaar is vir ‘n oomblik gelig.


“Humor makes all things tolerable,” sê die bekende prediker Henry Ward Beecher. “Laugh out loud” sê Chuck Swindoll. “It helps flush out the nervous system” en “Laughter is the most beautiful and beneficial therapy God ever granted humanity”.


Om te lag is katarsies. Dit is hoekom mense, wat ontsteld is en ‘n snaakse fliek gaan kyk, die spanning kan weglag. Wanneer jy ‘n moeilike dag gehad het, is dit juis nodig dat jy die lagspiere sal oefen om ontslae te raak van jou spanning! Bou daarom doelbewus tyd in jou dag in vir humor sodat jy kan ontspan. Omring jou met mense, wat ‘n sin vir humor het en spandeer gereeld tyd saam met hulle. Luister op pad werk (of huis) toe na ‘n komiese radioprogram of podcast, “die beste medisyne” om jou dag mee te begin.


Jy kan nie jou omstandighede kies nie, maar jy kan kies hoe jy daarop gaan reageer. ‘n Positiewe uitkyk sal dit makliker maak om jou omstandighede te hanteer. Wanneer  jy lag en vrolik is, sal jy die ander mense om jou ook opbeur.  So gee jy hierdie gawe soos ’n aflosstokkie na mense om jou aan. Interessant genoeg, sal dit juis jou blydskap meer en meer maak - “Those who bring sunshine to the lives of others cannot keep it from themselves.” – James M. Barrie

Comments


bottom of page