top of page
Writer's pictureStephan Joubert

Moenie met ‘n leë tenk leef nie


Ons motors se waarskuwingsliggie sê betyds vir ons as die brandstoftenk amper leeg is. Dan moet ons dadelik brandstof ingooi. Ons kan nie met ’n leë tenk rondry nie. Dieselfde geld ook wat die res van ons lewe betref. Ons kan nie effektief funksioneer as ons lewenstenk leeg is nie. Tog probeer ons om dit te doen. Ons jaag onsself stokflou om almal tevrede te hou. Ons gee en gee, sonder om ooit op die waarskuwingsligte dat ons eie tenk leeg raak, te let. Maar dan, op ’n dag, is ons tenk skielik dolleeg. Dan is onsself is uitgebrand en doodmoeg.


Uitbranding gebeur wanneer ons onsself laat opgebruik. Dit gebeur wanneer ons almal se laste probeer dra, sonder om self genoeg te rus. En sonder om gereeld aan die Here se voete tot rus te kom. Uiteindelik weet ons nie meer waar en hoe om te stop nie of hoe om nee te sê nie. Dan sit onsself opgeskeep met al die skade. Ons moet keer dat dit gebeur. Ηoe? Ons briek uitbranding, as ons besef die Here vra nie van ons om te gee wat ons nie self het nie. Of om te doen, wat ons nie kan doen nie. Ons is nie alles vir almal nie en kan nie elke probleem oplos nie. Ons is wegwysers na die Groot Geneesheer, niks meer as dit nie. Ons is gewone mense, wat gedurig tot rus moet kom in die genadige nabyheid van ons Heer.

Comentarios


bottom of page