top of page
Writer's pictureStephan Joubert

Nog eens - die toekoms word gewaarborg!


Stephan Joubert herinner ons in hierdie artikel dat God ons toekoms gewaarborg het deur Sy Gees vir ons te gee.
Nog eens - die toekoms word gewaarborg

Die Gees is God se waarborg dat ons elkeen, wat aan Hom behoort, se toekoms veilig is. Om dit te onderstreep, noem Paulus in 2 Korintiërs 5 die Gees nog eens die waarborg van God. Hier is hy besig om te vertel van die nuwe lewe anderkant die dood, wat God tans besig is om vir ons voor te berei. Dan onderstreep hy die absolute sekerheid dat dit wel sal aanbreek deur die Gees se rol as hemelse waarborg uit te lig. Net soos in Efesiërs 1:13-14 en vroeër in 2 Korintiërs 1:22, bevestig Paulus hier dat die Gees die Goddelike waarborg is, wat Hy uitreik rakende Sy handewerke.


Anders as alle waarborge hier op aarde, wat slegs maar vir ‘n beperkte tyd geldig is, waarborg God dit wat Hy in ons lewens doen tot ‘n ewigheid ver anderkant die dood. Wat ‘n waarborg! Dis uit ‘n ander wêreld, letterlik en figuurlik! Niks of niemand gaan ons van God skei nie. Hier en nou en anderkant die dood behoort ons aan Hom. Nuwe lewe is ons s’n, nou al. Die Gees gaan ons soontoe neem. Hy gaan ons met Goddelike heerlikheid beklee, wanneer ons hier ons laaste asemteug uitblaas. Hy gaan ons aardse tentwoning met ‘n hemelse gebou vervang! Daarom is ons vol moed. Daarom kyk ons op en vorentoe. Daarom kyk ons by al ons seer en swaar verby na ons nuwe Geesversekerde bestaan by God.


Gebed

Elke slag is my woorde te min om U te bedank vir U kosbare genade in U kinders se lewe, ook in myne, drie-enige Here. Amen.

Comments


bottom of page