top of page
Writer's pictureStephan Joubert

Ons is nie deel van ’n massaproduksieprogram nie


Ons elkeen is uniek deur die Here geskep. Hy het boonop ook in elkeen van ons verskillende talente en vaardighede verpak, wat ons ook tot Sy eer en tot voordeel van ander moet gebruik. Ons almal is uniek. Geen poging tot massaproduksie van ons geloof werk dus op die lange duur nie. Daar bestaan regtig nie iets soos ‘n “one size fits all” geestelike bloudruk, waaraan gelowiges voor die voet moet voldoen nie. Daar bestaan ook geen vaste kerklike model van presies hoe alle gelowiges moet bid, getuig en vir die Here moet leef nie. Ja, daar is wel een roeping, wat vir alle gelowiges geld, naamlik om Christus van harte na te volg. Ons almal is immers deur die heilige Gees in Sy een nuwe aardse liggaam ingedoop, soos wat Paulus in 1 Korintiërs 12:13 skryf. Tog hoef ons nooit soos fotostate van mekaar te lyk, te klink of op te tree nie. Ons elkeen leef op ons eie, unieke maniere Bybelgetrou. Ons gebruik op verskillende maniere plaaslik daardie  talente, wat die Here in ons lewens verpak het. Altyd en op elke plek is ons net onsself, daardie nuwe onsself, wat deur Christus na Sy beeld herskep is.

ความคิดเห็น


bottom of page