top of page
Writer's pictureStephan Joubert

Ons is nie geestelike fixers nie


Henry Miller (1891-1989) sê ons moenie te gou inmeng, wanneer ander worstel met probleme nie. Hy skryf: “One has to permit people to become so desperate, to become wholly lost, that only then are they ready for the right word, only then can they avail themselves of the truth. To withhold it then is a crime. But to nurse them along is a worse crime.”


Ons is nie mekaar se fixers nie. Dit is God se werk om mense op Sy eie maniere aan te raak deur Sy Gees. Om dit namens Hom te probeer doen én om dit oorhaastig te doen, doen meer skade as goed. Nee, dit beteken nie ons sit met gevoude hande rond as mense rondom ons deur ’n donker dal worstel nie. Ons bid vir hulle. Ons is daar vir hulle. Ons laat hulle egter toe om te rou, om verlies te ervaar, om woede en twyfel in die oë te kyk en om geloofsvrae te vra. Ons laat hulle toe om hulle lydingsbeker te drink. Ons kan dit nie namens hulle doen nie, selfs al wil ons. Ons oorspeel nooit ons hand met oorhaastige antwoorde en kitsoplossings nie. Op die regte tyd, soos wat die Here lei, sal Hyself die regte woorde op ons lippe plaas, indien nodig. Op die regte tyd sal Sy goedheid deurbreek. Nooit los Hy Sy kinders in die duister nie.

Comments


bottom of page