top of page

Ons is nie uitgelewer aan ons basiese instinkte nie


Die natuur se basiese siklusse is nimmereindigend: geboorte, lewe, dood. Alle vorms van lewe op aarde loop hierdie pad. Dit herhaal van geslag tot geslag. Tog is nie een van ons passiewe slagoffers van ‘n deterministiese wêreld, waaroor ons geen beheer het nie. God het juis ‘n paar wonderlike eienskappe in ons as mense ingebou, wat ons anders as die res van die skepping maak. Ons beskik onder andere oor die vermoë om te kan dink en om keuses te maak. Ons reageer nie maar net op ons basiese impulse en behoeftes nie.


Die Here het ons gemaak om vir onsself te kan dink en om te kan kies. Nog meer: ons kan ook morele keuses maak. Dit het God juis vir Kain in Genesis 4 geleer toe hy op sy broer Abel jaloers was. Toe het Kain by God gehoor dat hy oor boosheid moet heers. Nogtans het Kain verkeerd gekies. Ons moet egter nie dieselfde fout as hy maak nie. Deur die Heilige Gees se werk in ons lewe lei God ons om die regte keuses te maak. Hy maak ons vry om Hom te dien en om ander mense lief te hê. Hy stel ons in staat om reg te kies en reg te leef. Ons is nooit uitgelewer aan ons basiese instinkte nie.

Comments


bottom of page