top of page

Ons leef met die ewigheid in ons harte


Paulus skryf in 2 Korintiërs 4:18: “Ons fokus nooit ons aandag op dit, wat ons hier rondom ons sien nie. Ons fokus ons aandag op dit, wat ons nog nie met ons eie oë kan raaksien nie. Dit wat ons nou nog raaksien, is tydelik. Die nuwe lewe by God wat ons nou nog nie kan raaksien nie, is ewig.” Miskien het C. S. Lewis aan hierdie woorde van Paulus gedink toe hy die volgende in sy bekende boek, “Mere Christianity”, geskryf het: “Aim for heaven and you get earth thrown in, aim at earth and you get neither.” Anders gestel: ons moet reg oor die hiernamaals dink, dan leef ons ook reg in die hiernoumaals. Dan onttrek ons nooit uit die wêreld nie. Dan hou ons onsself nooit eenkant nie.


In Johannes 17 het Jesus gebid dat God ons nie uit die wêreld moet wegvat nie, maar dat Hy ons van die Bose moet bewaar. Omdat ons dit weet en omdat ons weet ons is op pad na God se ewige bestemming, leef ons voluit vir Hom hier en nou totdat Hy ons kom haal. Ons leef met toewyding. Ons pas God se skepping mooi op, soos wat Hy van ons verwag, volgens Genesis 1 en 2. Ons is sout en lig, soos wat Jesus vir ons in Matteus 5 leer. Ons gee smaak. Ons verdryf donker. Ons leef voluit, want ons weet, soos wat een Engelse vriend sê: “The best is yet to come.”

Comments


bottom of page