top of page
Writer's pictureStephan Joubert

Op die breuklyn


Lees Galasiërs 5:5


Ek onthou daardie moeilike ou, wat niks met God te doen wou hê nie. Toe word hy op ‘n dag dodelik siek en beland in die intensiewe eenheid van die hospitaal. Hy was in ‘n diep koma. Die dokter het gesê dat daar niks was wat hulle vir hom kon doen nie. Hy sou sterf. Sy vrou was ontroosbaar. Elke dag het ek op my beurt by sy hospitaalbed gaan bid. Die suster het vir my gesê dit help nie, want hy is in ‘n te diep koma. Toe, een dag, terwyl ek tuis vir die sterwende bid, kry ek ‘n dringende besef dat ek nou dadelik hospitaal toe moet ry. Daar gekom, was dit duidelik dat sy laaste oomblikke op aarde aangebreek het. Desperaat het ek sy hand geneem en Christus hardop om genade gesmeek.


Ek onthou hoe ek dringend vir Jesus gevra het om sy siel te red. Toe gebeur die wonderwerk - trane het oor die man in die koma se wange begin rol. Nee, hy het niks gesê nie … daar was net daardie trane. Skaars vyf minute later was hy dood. Toe onthou ek weer Jesus se woorde: “Vandag sal jy saam met my in die paradys wees!” Ek weet daar is hoop vir sondaars, dit maak nie saak hoe ver hulle geval het nie, Jesus red steeds. Sy Gees maak vandag nog mense nuut.

 

Gebed:

As daar vandag iemand in my omgewing is wat dringend u reddende genade nodig het, Jesus, dan smeek ek U om dit uit te deel. Amen.

Comentarios


bottom of page