top of page
Writer's pictureStephan Joubert

Respek onbeperk


Respek vir God en respek vir mense is een van die pilare, waarop die evangelie rus. Die Bybel omskryf dit ook met die meer bekende woord: liefde. Liefde is sinoniem met respek. Liefde is agting vir God en vir ander. Tog sukkel baie gelowiges hiermee, veral as hulle te doene kry met mense, wat nie in God glo nie of wat die Bybel afkraak. Hoe dan gemaak? Moet ons dan stilbly en maak asof sulke verkeerde dinge ons nie pla nie? Of moet ons sulke mense daar en dan op hulle plek sit? Wel, natuurlik mag ons onsself nie skaam vir die evangelie van Christus nie. Dit beteken egter nie ons is militant, aggressief of onbeskof teenoor diegene wat anders dink, leef en glo nie. Ons is nie straatvegters vir die waarheid nie, maar getuies daarvan. Ons is verspreiders van die goeie aroma van Christus. So skryf Paulus in 2 Korintiërs 2. Vir sommiges is die evangelie ’n doodsreuk en vir ander is dit die geur van lewe. Ons weet dit; daarom kies ons opnuut om in elke situasie met wysheid op te tree. Soms praat ons en ander kere bly ons stil, soos wat Spreuke 26:4-5 leer.

Comments


bottom of page