top of page

Stiltetyd, troos-tyd, herlaaityd


Daar is deesdae soveel mense in ons dampkring wat deur krisisse gaan – sommige in verhoudingskrisisse, ander in gesondheidskrisisse. Ons praat nie eers van kennisse van ons, wat in die Oekraïne besig is om somervakansie-aktiwiteite vir kinders te reël nie. In talle lande is daar onrus. In ons eie familie en vriendekring is mense, wat swaarkry. ’n Mens kan net soveel ontvlugting vind in ‘n bietjie TV kyk of ‘n paar kilometer gaan draf.  Ek kan selfs my verligting of troos in ‘n pilletjie of drank gaan soek. Dit bring egter nie blywende troos of vrede nie.

 

Daar is ‘n baie meer effektiewe manier:  Die uitnodiging, wat die Here vir my in Sy Woord gee, is duidelik en betroubaar. Jesus se uitnodiging in Matteus 11:28 AFR83 lui so: “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.”  Daarom mag dit nodig wees om myself aan te spreek, soos wat die psalmdigter dit gedoen het: “Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom ‘n loflied sing. Hy is my helper en my God!”  - Psalm 42:12 AFR83

 

Ekself het al talle kere, wanneer ek snags ‘n bietjie rondrol weens dinge waaroor ek besorg is of wat my ontstel het, hierdie woorde van bemoediging vir myself herhaal:

“You will guard him (Alet) and keep him (her) in perfect and constant peace whose (when her) mind [both its inclination and its character] is stayed on You, because he (she) commits himself (herself) to You, leans on You, and hopes confidently in You.” - Isaiah 26:3 AMPC

 

Is die Bybel, God se Woord, nie ‘n wonderlike kragtige bron van troos en bemoediging nie?! Dis beslis die moeite werd om gereelde, toegewyde tyd te spandeer, om met ‘n ontvanklike hart in hierdie goudmyn van troos en bemoediging te delf. Om gereeld persoonlik tyd in studie van die Bybel en in gesprek met my hemelse Vader deur te bring. Om gedeeltes, wat vir my persoonlik treffend is, te memoriseer, sodat ek ‘n arsenaal het van geestelike hulpbronne / wapens, van Skrifbeginsels vir wanneer my wêreld deurmekaar raak. Dit kan ek doen in my stiltetyd – troostyd, herlaaityd – doen.

Comentarios


bottom of page