top of page
Writer's pictureekerk

Talente - soos wonderlike musiekinstrumente

deur Elmarie van der Westhuizen

Elmarie van der Westhuizen skryf haar nuutste artikel vir ekerk oor hoe dit lyk as talente uitgeleef word.
Talente - soos wonderlike musiekinstrumente
God het aan elkeen van julle ’n genadegawe gegee. Met hierdie gawes moet julle mekaar dien sodat God se ryk genade deur julle na mekaar toe kan vloei.” - 1 Petrus 4:10 (1983 vertaling)

David Fulton is die stigter van Fox Software en 'n amateur violis. Hy versamel ook sedert die vroeë 1980’s skaars Stradivarius viole en het op ‘n stadium 22 viole gehad. Een van sy gunsteling Stradivarius viole is "La Pucelle", ‘n goeie viool wat goed bewaar is. Toe Vuillaume, een van die vorige eienaars in die middel van die 1800’s die viool gekoop het, het hy gesien dat dit nog nooit gebruik is sedert dit die hande van Stradivarius verlaat het nie.

“'Dit is nooit oopgemaak nie - comme une pucelle!' Soos 'n maagd.”

Toe die viool aan Fulton verkoop is, wou die vorige eienaar dat die viool toegesluit sou word en dat niemand dit kan sien of bespeel nie. Fulton kon net nie daartoe instem nie – so ‘n wonderlike instrument móés gespeel word!


God het vir ons wonderlike gawes en talente gegee om mee “musiek” te maak. En Hy wil hê dat ons dit sal gebruik. In die gelykenis van die talente in Matteus 25:14-30 het een dienskneg, uit vrees, die een talent wat hy gehad het, begrawe in plaas daarvan om dit te ontwikkel. Soms bêre ons ook ons talente weg in ‘n spreekwoordelike mooi viooltas om slegs momenteel te gebruik. Ons voel onbekwaam, ons “musiek” minderwaardig en minder belangrik. Soms haal die besige lewe ons in en voel ons daar is nie genoeg tyd nie. Wat ook al die rede – ons Vader het ons wonderlike talente gegee om ander mee te dien.


In onder andere 1 Korintiërs 12-14, Efesiërs 4:7, 11-12 verduidelik Paulus vir die gemeentes wat die verskillende gawes is en hoe dit tot opbou van die gemeente gebruik moet word. Daar is ook verskillende maniere om meer omtrent ons eie gawes uit te vind, o.a. die vraelys op https://www.cwr.org.uk/doc/pdfs/Basicgift.pdf


Wanneer ons getrou is en ons gawes en talente gebruik, is dit altyd tot opbou en seën vir ander – tot eer van God. Soos met ‘n musiekinstrument, raak ons al hoe beter hoe meer ons dit gebruik, hoe mooier word die “musiek” wat ons maak en hoe meer kan God aan ons toevertrou.


Laat ons liewer aan die einde van ons lewens “opgebruik” wees aan liefdesdade en wonderlike “liefdesmusiek” in Sy orkes, as om in ‘n “pristine condition” maar ongebruik, sonder vrug, voor die Here te moet gaan staan.


Don't die with your music still in you.”

Dr. Wayne W. Dye

留言


bottom of page