top of page
Writer's pictureStephan Joubert

Vat die tyd reg vas


Daar is ook ‘n morele komponent verbonde aan tyd. Vandat horlosies doer in die veertiende eeu in kerktorings in Europa aangebring is, het die vermorsing van tyd gereeld predikers se aandag getrek. Dit was vir hulle sinoniem met ‘n morele oortreding. Die bekende 17de eeuse Puriteinse leraar, Richard Baxter, het byvoorbeeld dikwels gewaarsku teen wat hy beskou het as die sondes van tydmors en ligsinnige praatjies. Hy het mense selfs ook gewaarsku teen die “gevare” van te lank slaap.


Paulus skryf in Efesiërs 5:16: “Gebruik die tyd reg deur elke geleentheid aan te gryp. Koop dit uit met wysheid. Wees egter versigtig, want dit is bose tye.” Hyself is bewus van die morele en immorele aard van tyd. Ons systap laasgenoemde as ons elke dag se porsie tyd proaktief tot voordeel van God en ander mense uitkoop. Die effektiewe benutting van elke dag, wat die Here tot ons beskikking stel, moet ’n normale deel uitmaak van ons geloof. In gewone taal gesê, ons doen elke dag daardie goeie dinge, wat ons hand vind om te doen vir ander mense. Ons doen elke dag daardie goeie werke, waartoe God ons bestem het, volgens Efesiërs 2:10. Ons verander ons eie tydsgebruik dag na dag van sleg na goed.

Comentários


bottom of page