Volg hierdie drie reëls as jy iets skryf
top of page

Volg hierdie drie reëls as jy iets skryf


W. Somerset Maugham sê tong in die kies: “There are three rules for writing a novel. Unfortunately, no one knows what they are.” Skryf is nie elke dag maklik nie, maar dalk is daar tog wel drie reëls, wat jy moet ken en navolg.


Reël 1: ’n Boek is nie eers ’n boek, wanneer dit deur ’n erkende uitgewer uitgegee word nie. As jyself voel jy moet skryf, dan moet jy dit doen. Jou boek hoef nie elders uitgegee te word om ’n boek genoem te word nie.


Reël 2: Die Here is die heel eerste Leser van al jou tekste. Doen dit vir Hom. Skryf heel eerste tot Sy eer. Doen dit ook vir jouself en vir jou geliefdes.

Reël 3: Wanneer jy enigiets skryf, moet jy seker maak jyself is besig om ’n goeie storie met jou eie lewe te skryf. Jou eie lewe moet heel eerste ’n verhaal wees, wat die Here graag wil lees. Laat toe dat Hy jou elke dag hiermee help. Paulus sê juis in 2 Korintiërs 3 ons is lewende briewe van Christus. Hy is besig om ons lewens te vol te skryf met die goeie hemelse ink van die Heilige Gees. Ons as gelowiges is die daaglikse storiebord van die Here. Daarom moet jy sorg dat jou lewe se storie letterlik elke dag deur die Here gevorm en ingekleur word. Dan leef en skryf jy ’n verhaal wat leesbaar en navolgbaar is. Nee, jou lewensverhaal hoef nie soos ’n “celebrity” se storie te klink nie. Dit moet net eg en vol integriteit wees. Dan het jy regtig ’n paar goeie stories om te deel.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page