top of page

Wanneer maklike woorde gewig dra


“Dis maklik vir jou om so iets te sê, maar jy staan nie in my skoene nie!” Hierdie woorde hoor jy soms as jy vir iemand sê om moed te hou. Of as jy vir mense sê hulle moenie toelaat dat moeilike omstandighede hulle onderkry nie. Woorde kom maklik. Nogtans het baie mense, wat maklik praat, ‘n duur prys betaal om presies dit te mag doen. Die Here het hulle eerstehands gehelp om vas te byt. Deur Sy genade is hulle nie onderstebo geloop deur groot krisisse in hulle eie lewe nie. Hulle het geleer om aan te hou glo toe die lewe geen sin gemaak het nie. Hulle het by Paulus in 2 Korintiërs 1 geleer om ander te vertroos met dieselfde troos as waarmee die Here in moeilike tye vertroos het.


Elkeen wat al deur die Here vertroos is se “maklike” woorde dra baie gewig. Leer asseblief by hulle. Luister na hulle. Moenie so gou vir hulle sê: “Dis maklik vir jou om te praat” nie. Vra eerder vir hulle watter lesse hulle geleer het om staande te bly op die Here se pad. Volg ook in hulle voetstappe, soos wat hulle in die voetstappe van die Here volg. Dan dra jou “maklike” woorde kort voor lank ook die regte gewig.

Comentarios


bottom of page