Wat kan ons sê?
top of page

Wat kan ons sê?


Lees Romeine 8:31


Wat kan ‘n mens nog van God se goedheid sê na alles wat Paulus reeds tot hier toe in Romeine 8:31 beskryf het? Dalk nog dat niks jou ooit van God se liefde kan skei wanneer jy vir Jesus as die Heer van jou lewe ken nie. Jy is die Here se kosbare eiendom, omdat Christus jou naam in die boek van die lewe geskryf het. Jy pas elke dag saam met al God se kinders in Sy handpalm (Johannes 10:28-30). 

 

Al voel jy soms swak, is jy steeds die Here se eiendom. Jy’s iemand met die ewigheid in jou hart, nou reeds. God se liefde staan lewensgroot oor jou ganse lewe geskryf. Jy is op pad na die hemelse wenpaal toe. Glo dit met jou hele lewe! Moenie toelaat dat jou gevoelens ooit met jou kop parte speel nie. Jy is nie ver van die Here af bloot omdat jy dalk vandag teen die planke voel nie. Die Woord sê God is altyd baie naby jou. Al dink jy jou gebede styg nie bokant jou huis se dak uit nie, dan is dit net jou gevoelens, wat vir jou jok. God is oral, ook onder jou dak by jou. Kyk daarom ‘n slag onder jou dak se teëls! Hou op om God net doer ver te soek. Hy is ook naby. Glo dit en wees vry!

 

Gebed:

Heer, oor U goedheid jubel ek. Oor U liefde dans ek. Dankie, dankie! Amen.

© 2024 Ekerk Vereniging.

Trots gebou deur Ekerk.

Ekerk bankbesonderhede:


Ekerk Vereniging,

ABSA Bank, Takkode: 632 005,

Rekening: 4059 699 232

South Africa | Suid Afrika

Payfast_white.png
snapscan grys_edited_edited.png
Zapper logo wit.png

Vind, volg & bevriend ons hier:

  • Whatsapp
  • White Instagram Icon
  • White Facebook Icon

Laai ons "app" af:

Apple store wit.png
bottom of page