top of page

Wees nederig, soos Jesus!


Die Britse koerant, “The Times,” het een keer vertel hoe koningin Elizabeth saam met haar lyfwag, Richard Griffin, by Balmoral gaan stap het. Sy was in gewone klere geklee, met haar kopdoek en al. Toeriste, wat daar rondgeloop het, vra toe so ewe vir haar haar of sy al ooit die koningin ontmoet het. Sy het nee geantwoord, maar toe kyk sy na haar lyfwag en sê: But he has!” Praat van humor en nederigheid! Dieselfde dilemma het baie mense oorgekom, wat onverwags in Jesus vasgeloop het. Ek lees juis in Johannes 4 hoe oorbluf die Samaritaanse vrou was, toe sy uiteindelik agterkom wie Jesus regtig is. Sy kon haar oë nie glo dat die Messias met haar by ’n waterput gesels het nie.


 Jesus het nie na ons toe gekom met blink hemelse klere aan nie. Hy het gekies om in die gestalte van ’n slaaf tussen ons rond te beweeg, soos wat Paulus in Filippense 2 skryf. Nee, hierdie was nie ’n tydelike rol, wat Jesus aangeneem het nie. Dit sien ons wanneer Jesus in Johannes 13 Sy dissipels se voete kort voor Sy kruisiging was. Dan verduidelik Hy dat Hy dit as Here en Leermeester doen. Kom ons leer by Jesus dat nederigheid en diensbaarheid ook die hartklop van ons eie lewe moet uitmaak. Die nederige Kind van Betlehem en die gekruisigde Heer van Golgota is ons Voorbeeld. Kom ons volg Hom na - dan groei ons reg én regtig in ons eie karakter voor die Here.

Comments


bottom of page