top of page
Writer's pictureStephan Joubert

Weet altyd waarheen jy op pad is


Ek onthou nog hoe The Talking Heads in 1985 gesing het hulle is “On the road to nowhere.” Chris Rea het in 1989 gesing van “the road to hell”. Motoriste se frustrasies op die M25- en M4-hoofweë in London was blykbaar die agtergrond vir hierdie lied. Jesus praat ook van “die pad”. In Johannes 14:6 sê Jesus Hyself is die ware en lewende Pad. Bedoelende, Hyself is die regte roete en die eindbestemming, alles in een.


Van die regte paaie gepraat, Billy Graham het kort voor sy 93ste verjaarsdag ’n toespraak in Charlotte, North-Carolina gehou. Hy het vir die aanwesiges van Albert Einstein vertel wat een dag op ’n trein nie sy kaartjie kon kry, toe die kondukteur by hom aangekom het nie. “Dr. Einstein, I know who you are. I’m sure you bought a ticket. Don’t worry about it,” het hy geantwoord en aangestap. Later draai die kondukteur om. Hy sien toe dat Einstein na die treinkaartjie onder sy stoel soek. Hy het teruggestap en gesê hy weet hy is Einstein, en dat hy ’n kaartjie het. Toe antwoord Einstein: “Young man, I too, know who I am. What I don’t know is where I’m going.


Nadat Billy Graham hierdie verhaal met die gehoor gedeel het, sê hy vir hulle hyself weet nog wie hyself is, maar hy weet genadiglik ook waarheen hy reis. Hy is volstoom op pad na die Here toe. Wyse woorde! Weet dit asseblief ook. Weet jy is op Christus se pad. Dan reis jy reg saam met Hom na Hom toe.

Comments


bottom of page